{"product_id":"sandsteenkasteel-n-historiese-roman-9780992193805","title":"Sandsteenkasteel: 'n Historiese roman","description":"\"My planne is reeds agtermekaar. Ek gaan van Kingsberg 'n onvervreembare erfenis maak tot n  die vierde geslag. So sal ek sorg dat niemand hier afbreek wat ek opgebou het nie. Niemand sal hier iets kan doen wat die volgende geslagte benadeel nie.\"Voordat John Adams hierdie uitspraak maak, is Suid-Afrika die droomland met onbeperkte geleenthede. Hy emigreer van Engeland hierheen, word 'n skatryk diamantmagnaat en grondbaron. Hy werk die toekoms haarfyn uit vir sy kinders en die nageslagte wat sou kom. Sy vrou, Sarah, waarsku: \"Kinders het nie kontrakte met hul ouers wat maak dat hulle nie kan wegbreek nie.\" So word elke karakter in hierdie aangrypende verhaal inderdaad 'n persoon met eie drome, eie ideale. Onherstelbare konflik volg, verhoudinge verbrokkel en drome word verpletter. Die Adams-familie word byna tot mislukking gedoem weens John se obsessie met welvaart en die behoud van Kingsberg vir die geslagte. Die massiewe sandsteenkasteel met sy 32 vertrekke word net so 'n belangrike \"karakter\" in die verhaal as die familielede. Sandsteenkasteel is 'n aandoenlike maar ook kragtige verhaal. Dit is 'n kunstig gestruktureerde ontginning van die verlede: 'n boeiende stuk persoonlike sowel as streeksgeskiedenis wat in die Oos-Vrystaat afspeel.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003e\u003cb\u003eAuthor:\u003c\/b\u003e Felicia Goosen\u003cbr\u003e\u003cb\u003ePublisher:\u003c\/b\u003e E-Boeke Vir Afrika\u003cbr\u003e\u003cb\u003ePublished:\u003c\/b\u003e 04\/03\/2013\u003cbr\u003e\u003cb\u003ePages:\u003c\/b\u003e 310\u003cbr\u003e\u003cb\u003eBinding Type:\u003c\/b\u003e Paperback\u003cbr\u003e\u003cb\u003eWeight:\u003c\/b\u003e 0.92lbs\u003cbr\u003e\u003cb\u003eSize:\u003c\/b\u003e 9.02h x 5.98w x 0.65d\u003cbr\u003e\u003cb\u003eISBN:\u003c\/b\u003e 9780992193805\u003cbr\u003e\u003cb\u003eLanguage:\u003c\/b\u003e Afrikaans\u003cbr\u003e\u003cp\u003e\u003cb\u003eAbout the Author\u003c\/b\u003e\u003cbr\u003eFelicia Goosen (née Cameron) is 'n boorling van die Oos-Vrystaat. Sy het aan die Bloemfonteinse Onderwyskollege en UNISA studeer en was vir baie jare dosent in Engels en Kommunikasiekunde. Verskeie kinderboeke en kortverhale van haar is reeds gepubliseer. Sy woon die afgelope 26 jaar in Bloemfontein en tree dikwels as spreker op by opvoedkundige en sosiale byeenkomste.\u003cbr\u003e\u003c\/p\u003e\u003cp\u003e\u003ci\u003eThis title is not returnable\u003c\/i\u003e\u003cbr\u003e\u003c\/p\u003e","brand":"E-Boeke Vir Afrika","offers":[{"title":"Paperback","offer_id":40530861391987,"sku":"9.78E+12","price":21.21,"currency_code":"USD","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0555\/9255\/0515\/products\/img_a48f411e-3877-4888-825e-3e5ef4710d81.jpg?v=1666360002","url":"https:\/\/bookstorenmore.com\/products\/sandsteenkasteel-n-historiese-roman-9780992193805","provider":"Bookstore N More","version":"1.0","type":"link"}