{"product_id":"witwatersrand-9780795707407","title":"Witwatersrand","description":"Op 'n kontinent wat ongelooflike rykdom verberg, aanskou Sean Courtney en sy tweelingbroer, Garrick, die eerste lewenslig. Die sorgelose lewe op hul pa se plaas in Natal word egter wreed onderbreek wanneer geweld, begeerte en die noodlot Sean wegruk van alles wat bekend is. Op die Witwatersrand, waar goud pas ontdek is, moet Sean sy pad oopveg na sukses. In die tog om sy fortuin te maak, bou hy ook 'n lewenslange vriendskap, konfronteer sy duiwels en baan sy weg na 'n belowende toekoms. Dan ruk verraad die mat onder sy voete uit en als waaroor hy gewerk het, word skielik van hom af weggeneem. Maar wie nie waag nie, wen nie . . . In die wildernis wag 'n nuwe avontuur. Niks kry hom onder nie - nie 'n verwoede aanval deur 'n olifantbul of die grusame sterftes wat hy moet aanskou nie - en steeds bly Sean droom van 'n gesin en 'n plaas van sy eie. Die dapper jong man wat alles met bloedsweet oorwin, besef egter weldra dat die verlede hom steeds in sy kloue beet het . . .\u003cbr\u003e\u003cbr\u003e\u003cb\u003eAuthor:\u003c\/b\u003e Wilbur Smith\u003cbr\u003e\u003cb\u003ePublisher:\u003c\/b\u003e Adamastor\u003cbr\u003e\u003cb\u003ePublished:\u003c\/b\u003e 12\/10\/2014\u003cbr\u003e\u003cb\u003ePages:\u003c\/b\u003e 386\u003cbr\u003e\u003cb\u003eBinding Type:\u003c\/b\u003e Paperback\u003cbr\u003e\u003cb\u003eWeight:\u003c\/b\u003e 1.30lbs\u003cbr\u003e\u003cb\u003eSize:\u003c\/b\u003e 9.21h x 6.14w x 0.86d\u003cbr\u003e\u003cb\u003eISBN:\u003c\/b\u003e 9780795707407\u003cbr\u003e\u003cb\u003eLanguage:\u003c\/b\u003e Afrikaans\u003cbr\u003e\u003cp\u003e\u003cb\u003eAbout the Author\u003c\/b\u003e\u003cbr\u003eWILBUR SMITH is in 1933 in Zambië gebore. Hy het by Michaelhouse in KwaZulu-Natal skool gegaan waar hy 'n skoolkoerant begin het voordat hy verder by Rhodes Universiteit studeer het. Nadat hy graad gekry het, het hy op sy pa se aandrang om \"'n regte werk\" te kry, as rekenmeester gewerk eerder as om sy droom om 'n joernalis te word, te volg. Na onsuksesvolle pogings om sy eerste boek te publiseer, het hy 'n voltydse skrywer geword toe \"When the Lion Feeds\" (vertaal en uitgegee deur Kwela Boeke as \"Witwatersrand\" in 2014) uiteindelik in 1964 gepubliseer is. Die mees waardevolle raad wat sy uitgewer aan hom gegee het, was om \"net oor die dinge wat hy goed ken, te skryf\". Hy het sedertdien op Afrika gefokus. Tot op hede het hy meer as 30 topverkoper-romans geskryf wat altesaam meer as 120 miljoen kopieë wêreldwyd verkoop het. Sy romans is tans in 26 tale vertaal.\u003cbr\u003e\u003c\/p\u003e\u003cp\u003e\u003ci\u003eThis title is not returnable\u003c\/i\u003e\u003cbr\u003e\u003c\/p\u003e","brand":"Adamastor","offers":[{"title":"Paperback","offer_id":40214561783923,"sku":"9.78E+12","price":28.84,"currency_code":"USD","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0555\/9255\/0515\/products\/img_7231a4bc-15bd-4542-ae3b-c12b7490771d.jpg?v=1656509823","url":"https:\/\/bookstorenmore.com\/products\/witwatersrand-9780795707407","provider":"Bookstore N More","version":"1.0","type":"link"}