Skip to product information
1 of 1

Tafelberg

Kamphoer

Kamphoer

Regular price €30,95 EUR
Regular price Sale price €30,95 EUR
Sale Sold out
Shipping calculated at checkout.
Format
Quantity
Kamphoer is die ware verhaal van 'n vrou wat gedurende die Anglo-Boereoorlog wreedaardig verkrag en vir die aasvo ls gegooi is. Met die hulp van 'n reeks weldoeners ontsnap sy aan die kloue van die dood en wy sy uiteindelik haar lewe aan die genesing van presies die soort trauma waaraan sy onderworpe was. En in die proses word sy teruggestamp in 'n bomkrater wat sy geglo het lank reeds toegegroei het en veilig bedek was. In Kamphoer word die weerbarstigheid van die menslike gees opgeweeg teen die ewe blywende invloed van trauma. Dit is 'n sielkundige riller wat jou tot op die laaste bladsy in sy yskoue greep sal hou.

Author: Francois Smith
Publisher: Tafelberg
Published: 12/10/2014
Pages: 272
Binding Type: Paperback
Weight: 0.77lbs
Size: 8.50h x 5.50w x 0.61d
ISBN: 9780624073802
Language: Afrikaans

About the Author
Francois Smith verdien sy brood en botter as uitgewersredakteur, maar as hy die geringste kans kry, skryf hy eerder sy eie werk. Van sy verhale het in die bloemlesings Bloots, Kosblik en Skarlakenkoors verskyn; sy vertaling van David Kramer: 'n Biografie is met 'n Sala-letterkundeprys bekroon. Hy en sy gesin woon in Wynberg, Kaapstad, maar eintlik kom hy van die Vrystaat. Hy het 'n Ph.D. in die letterkunde van die Universiteit van Kaapstad en as hy nie skrywers soos Dan Sleigh, P.G. du Plessis en Elsa Joubert help om hul manuskripte te vervolmaak nie, tree hy as gasdosent in die letterkunde op, of bied skryfslypskole aan. In 'n vorige lewe was hy 'n siviele ingenieur, in die volgende wil hy met wedvlugduiwe boer.

This title is not returnable

View full details