Skip to product information
1 of 1

Tafelberg

Fiela se kind

Fiela se kind

Regular price $34.45 USD
Regular price Sale price $34.45 USD
Sale Sold out
Shipping calculated at checkout.
Format
Quantity
Die driejarige seuntjie van Elias en Barta van Rooyen raak spoorloos weg in die Knysna-bos. In die Lange Kloof, anderkant die berg, ontferm Fiela Komoetie haar oor 'n "weggooilam" wat een nag voor haar deur kom huil. Die een kind is Lukas, die ander Benjamin. Is dit dieselfde kind? Di raaisel word nege jaar later oopgekrap deur twee sensusmanne wat die wit kind met die blou o by 'n bruin gesin in die Lange Kloof kry.

Author: Dalene Matthee
Publisher: Tafelberg
Published: 01/01/1985
Pages: 434
Binding Type: Paperback
Weight: 1.03lbs
Size: 8.00h x 5.00w x 0.97d
ISBN: 9780624088400
Language: Afrikaans

About the Author
Dalene Matthee (gebore Scott) is op 13 Oktober 1938 op Riversdal gebore. Sy het in 1957 daar gematrikuleer, en aan 'n musiekskool op Oudtshoorn en by die Holy Cross Covent op Graaff-Reinet musiekopleiding ontvang. Voordat sy oornag roem verwerf het met haar eerste Bosroman, het Dalene tydskrifverhale geskryf en twee populêre romans gepubliseer: 'n Huis vir Nadia (1982) en Petronella van Aarde, Burgemeester (1983). Haar eerste boek was 'n kinderverhaal, Die twaalfuurstokkie (1970), en in 1982 het daar ook van haar 'n bundel kortverhale, Die Judasbok, verskyn. Kringe in 'n bos (1984), haar roman oor die uitwissing van olifante en die uitbuiting van houtkappers in die Knysna-bos, was 'n internasionale sukses. Nog drie Bos-boeke het gevolg: Fiela se kind (1985), Moerbeibos (1987) en Toorbos (2003). In 1993 het Brug van die esels verskyn en in 1995 Susters van Eva. Haar roman, Pieternella van die Kaap, het in Maart 2000 verskyn. Dalene Matthee se boeke is in sowat veertien tale vertaal, onder meer Frans, Duits, Spaans, Italiaans, Hebreeus en Yslands. Sy het die ATKV-prys vir goeie gewilde prosa vier keer verower, en in 1993 het sy in Zürich 'n Switserse literatuurprys ontvang vir haar "lewenskragtige literêre werk en haar hartstogtelike belangstelling in natuurbeskerming". Dalene Matthee sterf op Sondag, 20 Februarie 2005 in Mosselbaai nadat sy vir hartversaking behandel is.

This title is not returnable

View full details