Terwyl ons kinders in 'n leer proses is en op skool akademies voorberei word en so inligting inwin vir hulle toekoms, is daar ook die ander inligting waarmee ons kinders gebombardeer word. Inligting wat hulle by of hulle maats of deur die TV, Internet en die alomteenwoordige selfoon verkry. As onderwyseres en moeder besef ek elke dag meer en meer hoe groot die gaping tussen die twee tipes inligting is en dat die onsigbare vyand daarop uit is om ons kinders juis in op die gebied van tegnologiese vooruitgang te vernietig. Tieners is nuuskierig. Hulle soek antwoorde en hulle sal selfs antwoorde vind al moet hulle, hulle kamerdeure toeklap en hulle getroue selfoon met al sy tegnologiese gevorderdheid waarvoor die ouer betaal raadpleeg. Hulle sal of by die skool of by 'n partytjie vrae vra aan hulle maats of ouer tieners en alles, reg of verkeerd, indrink soos 'n spons wat water suig. Ons kinders is vandag die teiken en later dikwels ook die gevangene van 'n baie sluwer vyand, wat soos die Bybel sê, soos 'n brullende Leeu rondloop en 'n voorbeeld hiervan is die talle tiener selfmoorde wat elke jaar plaasvind. In sy boek Meisies Seuns, julle besluit spreek Pastoor Frans die goed aan wat as reg en aanvaarbaar vir die tieners geword het, direk in onomwonde openlikheid in hulle eie "taal" aan. Hy peul die oogklappe letterlik af van dit waaraan ons tieners en jongmense vandag blootgestel word om so te help om die leemte tussen die twee tipes inligting te help vul, met inligting wat werklik in die lewe saak maak. Die inhoud van die boek kan baie goeie debat materiaal wees in skole, maar ook met 'n geruste hart aan die tiener gegee word om in hul binnekamers te lees.
About the Author Frans, wie 'n sagte plek vir jongmense ontwikkel het nadat hy gesien het hoeveel van hulle lewens deur die sogenamde "cool" en "oukei" dinge waarby derduisende op die een of ander manier betrokke is, verwoes word. Hy het die boek juis geskryf om hulle te kan help om meer oor hierdie sogenaamde "cool" en oukei" goed wat hulle lewens verwoes te kan lees. Met hierdie boek waarin hy padlangs en kaalkop oor die goed waarby baie tieners betrokke is skryf, kan niemand meer sê dat hulle nie geweet het nie. Hierdie boek is 'n moet lees vir elke jongmens Frans is vir 22 jaar met Antoinette getroud. Behalwe dat hy 'n passie vir die jongmense het, bedien hy ook die evangelie, die Goeie Nuus onder mense daar waar die Here hom heen stuur.